Tuesday 6 September 2011

Ek stem saam met die stelling. Daar is altyd genoeg geld vir sport, maar nooit genoeg geld vir kultuur aande nie, of daar is 'n probleem om fondse in te samel.
Die probleem is dat nie genoeg leerders in kultuur belang stel nie, so die skool dink dat dit afgeskeep kan word.

Sport bo Kultuur

Akademie geniet voorkeur bo alle ander aktiwiteite. En daar word 'n balans gehandhaaf tussen akademie,sport en kultuur. Maar die vraag is word daar werklik 'n balans gehadhaaf tussen sport en kultuur.

Op skool was daar altyd leerders wat of sport of kultuur gedoen het. Die leerders wat sport gedoen het was altyd verksoon van alle akademiese pligte maar die kultuur kinders het nooit sulke voorregte gehad nie.